Course Layout

From Tee To Green

No. 1 & 10, Par 4, 354m

This intimidating par four can become any golfer’s nightmare!  If you pull your tee-shot left, you will find a difficult lie in the sandy rough.  If you hook it; well then you’re on the railroad tracks!  Think that’s all?  Sorry to disappoint your!  To the right, some guy with a red beard, planted purple stakes along the length of the fairway.  If your tee-shot is to the right of these stakes, then it’s plus one shot on your scorecard! Beware, this one bites!

 

No. 2 & 11, Par 3, 138m (145)

Kort, maar moeilik.  Met ‘n “stroke” van 16 & 15, sal jy alles uit die hoed moet haal om hier punte te maak.  Die vinnige setperk,  val van agter na voor, sowel as van regs na links, en is goed beskerm deur twee sandkuile links en regs.  Moenie dat die noordweswind  waai nie, want dan raak hierdie outjie ‘n riller.  Net om seker te maak jy kies die korrekte yster, wag die dam direk agter die setperk met ope arms!

 

No. 3 & 12, Par 4, 351 m

Hierdie gat is NIE vir die kort slaners ‘n plesier nie, want ‘n dryf van 170m is nodig om oor die dam te kom, voordat jy ‘n tweede hou na ‘n opgelegde setperk moet aandurf.  Om dinge te vererger is daar ook nog drie bome (nou nog klein) in die skoonveld, asook ‘n reuse laterale hindernis regs voor die setperk.  Om die hindernis te vermy, is dit net logies om een yster laer uit jou sak te trek, maar dan val jy in die strik om oor die setperk te slaan.  Oor die setperk, en jy sal gelukkig wees om drie houe later die bal uit die blikkie te haal!  Die man met die rooi baard het hier ook pers paaltjies geplant – slaan jou bofhou regs van die paaltjies en jy kry een hou ekstra op jou telkaart!

  

No. 4 & 13, Par 4, 334 m

A short but up-hill par 4 with bunkers to the right at +- 210m from the tee.  Hit the fairway on this one, otherwise you will have a difficult uphill 2nd to a blind green, guarded by bunkers to the front and back.  Oh and don’t forget; the guy with the red beard planted purple stakes to the right of this fairway as well – beware!

 

No. 5 & 14, Par 3, 154 m (176 m)

From the 5th tee, this par 3 is only 154m, but a very difficult 176 from the 14th.  Not easy from the back, but from the front tee, you can convert a good tee-shot into birdies easily.  The green however slopes from the back and is guarded by two bunkers to the left and the right.  Pull your shot to the left and you are dead!

No. 6 & 15, Par 5, 440 m

Hierdie putjie is die eerste syfer 5 op die baan en word oor die algemeen gesien as die putjie waar die voeltjies te kry is!  Die lang slaners kan met twee akkurate houe maklik die setperk haal, maar met die water regs voor, verdwyn die voeltjies menigmaal in die riete!  Die groot setperk, met verstrerende kontoere, maak penplasing deel van die komplot om voeltjies te verminder.  Tog bly dit die “melkkoei” van die baan.  Selfs die geduldige “nie-so-lang” slaner staan n goeie kans om hier punte te maak.

No. 7 & 16, Par 3, 162 m (120 m)

152m op 7de bof en ‘n baie kort 120m op die 16de bof.  Hierdie is ‘n pragtige syfer drie met water direk voor en ‘n palmomsoomde setperk wat skerp van agter na voor val.  Die sandkuil links voor dra sy deel by om met die moeilike setperk saam te werk om wat aanvanklik maklik gelyk het, te verander na “vat die punt(e) en loop”.

No. 8 & 17, Par 5, 520 m (424 m)

From the 8th tee, this par 5 is a monster!  At 520 m you will need 3 good shots to reach the green in three.  From the tee, the fairway is narrow with OB to the left and the right of the fairway.  The green slopes severely from the back, so keep you ball below the pin, but not in the front right bunker.  Catch the bunker and you’re dead!

 

No. 9 Par 4, 346 m (424 m)

‘n Moeilike syfer 4 a.g.v. ‘n setperk wat amper so vinnig is soos die teerpad direk daaragter!!  Vanaf die bof is daar bome regs en ‘n buite perke-lyn links wat jou op jou hoede behoort te maak met jou dryf.  Die sandkuil links van die skoonveld ongeveer 130 meter vanaf die bof, is die ander hindernis wat n reguit dryf noodsaak.  Die setperk word links voor deur n sandkuil  beskerm en met verskeie valle na alle kante, is dit noodsaaklik om maar weereens onder die gaaitjie te begin om sodoende ‘n punt of twee op die telkaart te kan invul.

No. 18 Par 4, 287 m (424 m)

Ons “signiture hole” van die klub.  ‘n Syfer 4 wat met ‘n baie goeie dryf bereik kan word.  Die “verstand-en-hand” probleem is hier van toepassing, aangesien die versoeking groot is om vir die setperk te gaan.  Die keuse bly joune maar onthou: daar is ‘n buiteperke lyn links, ‘n sandkuil regs, water reg voor, ‘n blombedding regs agter, pers paaltjies regs van die skoonveld en mense op die stoep!!!!  Laaste maar nie die minste nie, die setperk val in verskeie rigtings en ‘n goeie set is nodig om jou rondte af te sluit.

 

As jy eerstehandse kennis en ervaring van hierdie mooi en uitdagende baan wil opdoen, kom vergewis jouself en kom maak kennis met die hartlikheid van die Hexvallei.

Geskryf deur:  Charlie Wiid

Thanks To Konica Minolta

Main sponsor of the Konica Minolta Hex Valley Classic

Peter Gdanis

peter@kmsa.com